Matriekleerling verdrink in KZN

ʼn Matriekleerling het Vrydagmiddag in Ballito, KwaZulu-Natal verdrink.

“Die seun en sy vriende het glo die middag gaan swem toe hy skielik onder die water verdwyn het,” sê Chris Botha, woordvoerder van Netcare911. Die polisie se duikeenheid is ingeroep om met die soektog na die seun te help. Die 18-jarige se liggaam is in die La Mercy-strandmeer gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.