Matrieks geskok oor babaverkragting-vraag

Die toneel uit "Tshepang". Foto: olexmentorprotege.com

Die toneel uit “Tshepang”. Foto: olexmentorprotege.com

Matrieks wat Dinsdag die drama-vraestel geskryf het, moes verduidelik hoe hulle ʼn baba se verkragting op die verhoog sou uitbeeld deur gebruik te maak van ʼn besemstok en ʼn brood, het The Witness Woensdag berig.

Die verpligte vraag, wat gebaseer is op Laura Foot Newton se toneelstuk “Tshepang”, het van leerlinge vereis om deur middel van dié items te beskryf hoe kinderverkragting dramaties uitgebeeld kan word.

Ouers, leerlinge en onderwysers het aan die koerant gesê hulle beplan om ʼn klagte by die departement van onderwys aanhangig te maak en om te vereis dat elke leerling 15 punte vir dié onvanpaste vraag toegeken word.

Die memorandum vir die merk van dié eksamen sal na verwagting Woensdag tydens ʼn vergadering in Pretoria bespreek word.

– SAPA

Lees ook: Onderwysdepartement verdedig babaverkragting-vraag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Faith

….het nie woorde……maar ‘n (helse) gevoel oor sulke nonsense wat in ons kinders se kele afgedruk word.

Angelus

Grobbie,ek is verstom dat jy hierdie raakvat so fantasties beskrywend kan uitle. Niemand sal dit meer oortuigend kan doen nie!!! Bravo!!!

Hannelie

Wie is nou “commin”. Sies man. Die vraestel opsteller het dit seker al oorweeg.

Henko

Jy praat waar Grobbie. Hoe enige getroude persone nog kans sien om kinders in die wereld te bring, slaan my dronk. Wat hier gebeur het is absoluut onaanvaarbaar.

BullsEye

Gaan kyk wie het die vraestel opgestel …?