Matrieks: Gevangene kry 5 A’s

ʼn Gevangene van Durban het sy matriekeksamen met vyf onderskeidings geslaag.

Sunday Times berig dat Chris Mazibuko (23) een van 42 gevangenes regoor die land is wat die 2012 matriekeksamen geslaag het. Mazibuko, ʼn gevangene by die Westville-gevangenis, was die toppresteerder met ʼn gemiddeld van 79,25%. Mazibuko sê dit was nie maklik om agter tralies te studeer en eksamen te skryf nie. “Die omgewing hier is baie gespanne. Ons klasse is in Julie onderbreek deur bendegevegte. Die selle is vol en dit is partykeer baie moeilik om te studeer.” Mazibuko het onderskeidings gekry in IsiZulu, Engels, lewensoriëntering, besigheidstudies en ekonomie. Hy het 61% gekry vir rekeningkunde maar wiskunde gedruip nadat hy slegs 28% gekry het. Mazibuko is in 2006 in hegtenis geneem nadat hy en ʼn vriend by ʼn rooftog betrek is. Hy word volgende maand op parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.