EWN berig dat Thomas Ferreira (18) ‘n delikate, maar kritieke operasie sal ondergaan. Ferreira het nog nie sy bewussyn herwin nie maar blyk bewus te wees van wat om hom aangaan. Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur ʼn wit BMW X5 raakgery. Hy is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Die blouligvoertuig het na bewering ‘n rooi verkeerslig verontagsaam. Intussen berig Beeld dat Ferreira se ouers steeds in die duister is oor die provinsiale regering se bydrae tot sy mediese uitgawes. Die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, het vroeër die gesin besoek en beloof om Ferreira se mediese kostes te betaal. Die gesin het ook nog geen terugvoering gekry rakende die polisie se ondersoek na die saak nie.
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
[…] hulp na bloulig-kar seun tref Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit […]
[…] hulp na bloulig-kar seun tref Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit […]