Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die matriekseun wat verlede maand deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery is in Krugersdorp, sal Maandag ʼn kritieke operasie ondergaan.

EWN berig dat Thomas Ferreira (18) ‘n delikate, maar kritieke operasie sal ondergaan. Ferreira het nog nie sy bewussyn herwin nie maar blyk bewus te wees van wat om hom aangaan. Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur ʼn wit BMW X5 raakgery. Hy is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Die blouligvoertuig het na bewering ‘n rooi verkeerslig verontagsaam. Intussen berig Beeld dat Ferreira se ouers steeds in die duister is oor die provinsiale regering se bydrae tot sy mediese uitgawes. Die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, het vroeër die gesin besoek en beloof om Ferreira se mediese kostes te betaal. Die gesin het ook nog geen terugvoering gekry rakende die polisie se ondersoek na die saak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.