Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is steeds in koma

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die matriekseun wat deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery is in Krugersdorp, is steeds in ʼn koma.

Die DA se woordvoerder vir gesondheid, Jack Bloom, sê Thomas Ferreira is steeds in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Krugersdorp. Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur ʼn wit BMW X5 raakgery. Hy is na die Krugersdorp-hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Bloom sê die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, wou nie Maandag vrae antwoord oor waarheen die ampsmotor op pad was ten tyde van die ongeluk nie. Hy sê ʼn bron het hom egter meegedeel dat Mmemezi op pad was na ʼn ANC-vergadering. Bloom sê Mokonyane het geantwoord dat die motor se logboek deel uitmaak van die ondersoek. Bloom sê daar is “toenemende misbruik” van “blouligte” in Gauteng en het gevra dat die gebruik daarvan ingeperk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.