Matriekuitslae goedgekeur

eksamenUmalusi het die bekendmaking van die 2013 nasionale matriekuitslae goedgekeur.

“Kandidate en hul ouers is gretig om te weet of Umalusi die noodsaaklike prosesse uitgevoer het om die geloofwaardigheid van hul uitslae te verseker,” het Mafu Rakometsi, hoof uitvoerende beampte van Umalusi, gesê. Hy sê hulle het hard gewerk om die gehalte van die uitslae te verseker.

Die departement van basiese onderwys het vroeër vandeesmaand gesê die merkwerk is afgehandel en dat minister Angie Motshekga die nasionale en provinsiale uitslae op 6 Januarie bekend sal maak. Individuele uitslae sal op 7 Januarie by skool en in die media beskikbaar gemaak word. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.