Matriekuitslae vroeg Januarie bekend gemaak

eksamenDie merkwerk van die matriekvraestelle is afgehandel en die uitslae sal in die eerste week van Januarie bekend gemaak word.

“Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, sal die uitslae van die nasionale seniorsertifikaat vir 2013 op 6 Januarie bekend maak,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Die uitslae sal die algehele slaagsyfer, nasionaal en provinsiaal insluit.

Individuele leerders se uitslae sal op 7 Januarie by skole en in die media beskikbaar gemaak word.

Die departement het gesê die 35 000 persone wat die merkwerk in 118 sentra hanteer het, het op 15 Desember hul taak voltooi en die gevolglike data-invordering is nou afgehandel.

Altesaam 57 690 voltydse en 130 646 deeltydse kandidate het die 2013-matriekeksamen in 6 699 eksamensentra geskryf.

Umalusi sal nou gehalteversekering toepas.

Die departement het gesê hy het sekuriteitsmaatreëls bygevoeg op die uitslae wat aan die leerders uitgereik word, insluitend ʼn watermerk en reeksnommer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.