Matrikulant kry nul ná hy vloek op vraestel

skoolʼn Matrikulant het nul vir ʼn vak gekry omdat hy op sy eindeksamenvraestel gevloek het, het die Wes-Kaapse departement van onderwys Donderdag gesê.

“Een kandidaat het onvanpaste taal in ʼn vraestel gebruik en na die nasiener verwys. Die nasiener is nie aan die leerling bekend nie,” het Bronagh Casey, ʼn woordvoerder van die departement, gesê.

“As straf is die leerling se uitslag vir die vraestel nietig verklaar.”

Casey wou nie uitbrei oor watter vak die leerling geskryf het nie, of wat die opmerking was nie.

“Ons maak nie dié inligting bekend nie,” het sy gesê.

Sy het gesê die leerling sal toegelaat word om weer die vak se eksamen af te lê tydens die Februarie/Maart hereksamen.

Die departement het verder bekend gemaak dat daar agt voorvalle van ongerymdhede tydens verlede jaar se eindeksamen in die provinsie was. In sommige van die gevalle is leerlinge betrap wat selfone gebruik het tydens hul eksamens. Een leerling is ook met afskryfnotas betrap. In al agt gevalle is die leerlinge se punte nietig verklaar. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Met die lae slaagsyfer en verlaagde standaarde kan dit beslis nie ‘n kuns wees om matriek deur te kom sonder krip of onreëlmatighede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.