Matrikulant sterf ná hy by rots afval

Die Blyderiviervallei

Die Blyderiviervallei

ʼn Matrikulant van Bosbokrand is dood nadat hy Saterdag meer as 200 meter ver van ʼn vertikale rots by die Drie Rondawels in die Blyderiviervallei in Mpumalanga geval het, het Beeld Maandag berig.

Thulani Sithole (18), ʼn leerling aan die Hoërskool Inyamande, was deel van ’n groep van sowat 50 leerlinge wat oor die naweek ’n daguitstappie in die omgewing bygewoon het.

Volgens ’n ooggetuie het van die skoolseuns glo alkohol gedrink. Omstreeks 15:40, kort voordat die toergroep na die skool sou terugkeer, het Sithole blykbaar van die uitkykplatform tot op die rand van die krans geklouter, het Beeld berig.

Hy het glo sy balans verloor en voor sy vriendin, Devine Slauwe (18), tot sy dood geval.

Reddingswerkers is ontbied, maar dit was egter al skemer en Sithole se liggaam kon eers Sondagoggend verwyder word.

Die departement van onderwys in Mpumalanga het Sondag gesê ’n ondersoek word gedoen sodat riglyne opgestel kan word om te verseker dat leerlinge veiliger is tydens skooluitstappies.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jacoba ·

Die skoolkinders gaan op n uitstappie en hulle drink alkohol waar is die onderwysers dan drink hulle saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.