Matrikulante nie deur geweld in Wes-Kaap afgeskrik nie

Matrikulante in die Wes-Kaap kon almal eksamen skryf, ten spyte van die voortslepende betogings, het die departement van onderwys in die Wes-Kaap oor die naweek gesê.

Daar is agt dae oor van die 2012 matriekeksamen en graad 12-leerders sal hierdie week Aardrykskunde, Ingenieurswese en Taalliteratuur skryf. Sommige skole is egter deur die voortslepende betogings geraak, berig EWN. “Ons is trots om te sê dat al ons matrikulante eksamen kon skryf. Sommige het nie by die onderskeie skole waar hulle veronderstel was om eksamen af te lê, geskryf nie. Hulle het by ander skole reggekom. In sommige gevalle moes ons leerders gaan oplaai en seker maak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hulle na die onderskeie skole vergesel,” het Penny Vijevold, hoof van onderwys in die Wes-Kaap, gesê. Beamptes sal hierdie week steeds ‘n ogie hou. “Ons hoop dat ons dit vir die volgende agt dae kan volhou, sodat elke leerling wat 12 jaar in die skool spandeer het, sy of haar eksamen kan aflê en hul Nasionale Senior Sertifikaat kan bekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.