Mazibuko is DA se nuwe parlementêre leier

Die DA se nuwe parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko. Foto: Facebook

Die DA se nasionale woordvoerder, Lindiwe Mazibuko, is Donderdag as die party se eerste swart parlementêre leier verkies.

Mazibuko (31) neem oor by die vorige parlementêre leier van die DA, Athol Trollip. Die DA se 83 koukuslede het Donderdagoggend gestem om te besluit wie die party se nuwe parlementêre leier gaan wees. Die stryd tussen Mazibuko en Trollip was ʼn fel stryd met die uitslag wat onmoontlik was om te voorspel. Trollip is onder meer geloof oor die feit dat hy glo geen groot foute begaan het terwyl hy parlementêre leier was nie. Mazibuko is op haar beurt geloof vir intelligensie en die opwinding wat sy onder kiesers ontlok. Die posisies vir die leierskap in die Nasionale Raad van Provinsies, die voorsitter en ondervoorsitter van die koukus en die adjunk-hoofsweep sal na veragting ook Donderdag aangekondig word. Mazibuko sal die nuwe hoofsweep nomineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.