Mbalula: ‘Ek moes van beter geweet het’

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula, het gevra dat sy privaatheid respekteer word na berigte die naweek dat hy in die middel van ʼn seksskandaal is met ʼn 27-jarige model van Johannesburg.

Mbalula, ʼn 40-jarige getroude pa, het Sondag in ʼn verklaring gesê hy het reeds met sy familie gepraat en hulle ʼn verduideliking gegee vir sy optrede en stilswye in verband met die bewerings in die media. “Ek het my familie om verskoning gevra, veral my vrou, ek moes van beter geweet het”. Mbalula sê hy worstel al vir die afgelope drie maande hiermee nadat dit duidelik geword het die vrou, met wie hy na bewering seks gehad het, wil hom afpers vir geld. Die vrou is intussen deur die media geidentifiseer as Joyce Omphemetse Molamu. Mbalula het glo by twee geleenthede onbeskermde seks met Molamu gehad. Mbalula sê hoewel Molamu beweer sy is swanger, wag hy nog op bewyse hiervan. Mbalula het om verskoning gevra aan alle Suid-Afrikaners, die ANC en die regering. Molamu het na bewering aangedring op R40 000 van Mbalula.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.