Mbeki laat vaar konvooi, stap in middestad

Oudpresident Thabo Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki het Vrydag na die stadsaal in die Johannesburgse middestad gestap nadat sy motorkonvooi in verkeer vasgesit het, berig die Saturday Star.

Volgens die berig het Mbeki, sy vrou en hulle lyfwagte na die stadsaal gestap waar Mbeki ʼn toespraak moes lewer by die gedenkdiens vir Reggie September. Omstanders en motoriste het glo vir Mbeki gewaai en hande geklap toe hulle hom in die straat gesien het. Mbeki het glo geglimlag en teruggewaai. Foto’s van die verkeerschaos en Mbeki wat in die straat stap is op die koerant se voorblad gepubliseer. Volgens die berig was daar die afgelope week talle verkeersknope in Johannesburg weens geblokte dreine wat veroorsaak het dat paaie oorspoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.