Mbeki ontvang $50 000 as “Afrikaan van die Jaar”

Voormalige president Thabo Mbeki is Donderdagaand in Dakar, Senegal, as “Afrikaan van die Jaar” aangewys.

Salim Ahmed Salim, sekretaris-generaal van die African Union, het gesê Mbeki verdien die toekenning weens die werk wat hy gedoen het om die krisis in Sudan op te los. Weens die reëls van dié gesogte toekenning, wat verhoed dat ‘n wenner vooraf in kennis gestel mag word, het Mbeki nie die geleentheid bygewoon nie. Die UBA-bank, wat in Nigerië gebaseer is, skenk jaarliks $50 000 aan die ontvanger van die toekenning.

Mbeki is die tweede Suid-Afrikaner om dié eer te beurt te val, nadat Danny Jordan dit in 2010 vir sy werk met die Wêreldbeker ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Danny Jordaan het die bewondering van die wêreld afgedwing met sy bydra in die sukses van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika. Daarenteen kon die Afrika-Unie nog nie werklik daarin slaag om enige van die Afrika-konflikte of ander probleme op te los nie – buiten om baie te praat en min te doen. Die Soedan was wel ‘n geïsoleerde Afrika-krisis maar weet die grootste deel van die beskaafde wêreld nie eens regtig waar Soedan geleë is of wat die aard van die konflik aldaar was nie buiten dat Darfur so hier-en-daar die nuus gehaal het en die Weste humanitêre hulp moes verleen – die Afrika-bydra vir Darfur daarenteen, was maar karig !!!

Dat Mbeki, in Afrika-konteks, moontlik ‘n beduidende rol gespeel het in bereddering van die konflik in Soedan, is wel waar, maar gesien in globale konteks, nie ‘n te belangrike saak wat groot opskrifte in die geskiedenisboeke van die wêreld sal haal nie. Daarenteen kon Mbeki nie daarin slaag om beduidende vordering in Suid-Afrika te maak tydens sy regeer-tyd nie – inteendeel, wedersydese vertroue tussen wit en swart het versleg en het daar min oorgebly van Mandela se aanvanklike reênboognasie-opwelming. Die ekonomie het nie beduidende vordering getoon nie terwyl korrupsie daarteen momentum begin kry het.. Mbeki is onseremoniëel deur die ANC-kongres met Zuma vervang, wat nog die swakste keuse vir ‘n leier en president vir die land ooit was. So, Mbeki kon nie daarin slaag om politieke volwasssenheid by die massas te skep nie en het Suid-Afrika dus swakker agtergelaat as toe hy die presidentskap oorgeneem het. Jammer Mbeki, maar by ons verdien jy ongelukkig nie veel nie. Vat jou “Afrikaan van die Jaar” toekenning van $50 000 en blaas dit op goedkoop snert want jy kan Suid-Afrika in elk geval nie daarmee red nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.