Mbeki verwag Mandela gaan ontslaan word

Voormalige president Nelson Mandela

Voormalige president Thabo Mbeki het gesê hy glo Nelson Mandela sal binnekort huis toe gestuur word om aan te sterk, het Eyewitness News Sondag berig.

Mbeki het by ʼn gedenkdiens vir voormalige ANC-president Zaccheus Mahabane, gesê hy ken Madiba se dokters en hulle doen uitstekende werk.

Mandela is sedert 8 Junie in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria vir ʼn herhalende longkwaal.

Die presidensie het verlede week gesê Mandela reageer op die behandeling, maar is steeds in ʼn kritieke, maar stabiele, toestand.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.