McBride-aanstelling gelooi

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Vryheidsfront Plus het hom Woensdag uitgespreek teen die aanstelling van Robert McBride as uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

“Die aanvaarding van McBride se aanstelling deur die polisie se portefeuljekomitee is ’n klap in die gesig van die publiek,” het dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir polisie van die Vryheidsfront Plus, gesê. “Opod is die waghond van die publiek oor die polisie en ondersoek klagtes teen die SAPD deur die publiek. Die publiek moet dus vertroue hê in die hoof van Opod.”

Volgens Groenewald is McBride uiters omstrede weens sy betrokkenheid by aanklagtes van misdaad soos wapensmokkelary en aanranding, wat nooit deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg is nie.

“McBride se vriendskap met Cyril Beeka van die onderwêreld herinner aan Selebi se vriendskap met Agglioti. McBride is ’n omstrede persoon en daar kan nie van die publiek verwag word om vertroue in hom te hê nie.”

Groenewald sê Nathi Mthethwa,  die minister van polisie, en die ANC stel die belange van die publiek ondergeskik aan die ANC se belange. “Dit was duidelik dat die komitee die rubberstempel was van die minister.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Nathi Mthethwa jou doppie gaan geklink wees na die verkiesing ….. Jy is seker die swakste persoon ooit in jou posisie! Sies man kry jy nie skaam?

Meisie ·

Die groot mikpunt van die anc is om soveel as moontlik kriminele en misdadigers is kern posisies geplaas te kry om hulle te help om met die aftakeling van SA voort te gaan.
Die hele spul van die president af andertoe is korrup. Daar is al amper meer krimenele in die polisie as daar buite op straat, en nou gaan dit net nog erger gaan. As een van hul maatjies nou `n misdaad pleeg, gaan dit help om dit te rapporteer ???? Nee , ons is nou totaal in oms maai in!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.