McBride in finansiële knyp, soek werk

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie is “diep in die skuld” en hy is glo besig om werk te soek.

“Ek skuld baie mense geld,” het McBride in ʼn onderhoud met die City Press gesê. “Ek moes baie van my besittings verkoop. Gelukkig word ek nog deur my familie, vriende en kamerade ondersteun,” het hy gesê.

McBride het sowat R1.7 miljoen aan regskostes spandeer om hom vry te spreek van aanklagte van dronkbestuur en regsverydeling.

McBride het op 21 Desember 2006 van die metropolisie se jaareindfunksie naby Hartbeespoortdam gery toe hy sy motor gerol het. McBride is in April 2011 skuldig bevind op die aanklagte teen hom en is in September tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het teen dié vonnis appèl aangeteken. Regter Cynthia Pretorius het hom op 28 Maart 2013 onskuldig bevind en het aangevoer dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie. Die staat het teen die vryspraak appelleer, maar hul aansoek is Vrydag deur die Noord-Gautengse hooggeregshof van die hand gewys.

Lees ook:
McBride skotvry
Staat gaan appelleer teen McBride se vryspraak
McBride vrygespreek
McBride kry tronkstraf vir dronkbestuur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michiel ·

Die Wiel draai.Onskuldige mense se lewens gevat destyds in Durban.Jy sal boet Boet!!!

H J Bester ·

McBride was prakties skuldig aan die klagtes van dronk- en roekelose bestuur teen hom – dit was slegs vanweë die swak hantering van die Staat se saak dat McBride daarin geslaag het om los te kom. Maar, ongelukkig vir hom, sit hy nou met enorme skulde – dis moontlik sy straf !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.