McBride skotvry

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Noord Gautengse hooggeregshof het Vrydag die staat se appèl teen die vryspraak van Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, van die hand gewys.

McBride is onlangs deur die hof vrygespreek nadat hy tronkstraf opgelê is vir dronkbestuur en regsverydeling.

Die staat het kort na die vryspraak appèl by die Pretoriase hooggeregshof aangeteken.

McBride het op 21 Desember 2006 van die metropolisie se jaareindfunksie naby Hartbeespoortdam gery toe hy sy motor gerol het. McBride is in April 2011 skuldig bevind op die aanklagte teen hom en is in September tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het teen dié vonnis appèl aangeteken.

Regter Cynthia Pretorius het hom op 28 Maart 2013 onskuldig bevind en het aangevoer dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie.

Lees ook:
Staat gaan appelleer teen McBride se vryspraak
McBride vrygespreek
McBride kry tronkstraf vir dronkbestuur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.