McDonald’s: Advertensieblaps het wêreld op hol

ʼn Posadvertensie van McDonald’s wat vereis dat aansoekers ʼn Baccalaureusgraad benodig om by dié kitskosrestaurantreus as ʼn kassier te werk, het mense van regoor die wêreld op hol.

ʼn Advertensie van ʼn McDonald’s-tak in Winchendon in Massachusetts, Amerika, het vroeër die week in die media verskyn wat dié naskoolse kwalifikasie vereis. Dit het veral ongeskoolde werksoekers mismoedig gemaak.

Die eienaar van die betrokke tak sê egter die inligting in die advertensie is nie waar nie en dat ʼn graad nie benodig word om as ʼn kassier daar te werk nie, het die New York Daily News Donderdag berig.

Lori Ruscito, die eienaar van die tak, sê die pos is al verkeie kere adverteer waarop die kwalifikasie nie aangedui is nie. “Daar is verkeerdelik inligting aangebring op ʼn onafhanklike webwerf wat poste adverteer. Die webwerf het geen verwantskap aan Winchendon Massachusetts McDonald’s nie,” het Ruscito gesê. “Die oorspronklike advertensie is op McState.com beskikbaar en dui aan ʼn aansoeker benodig nie ʼn graad nie.”

Die advertensie wat al die bohaai veroorsaak het, is ook in Spaans op die webwerf jobdiagnosis.com gelaai. Die salaris word nie daarop aangedui nie.

Bron: New York Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco Griesel ·

Dis bietjie laat vir April-grappe, nie waar nie? Van wanneer af is ‘n BA ‘n gesogte graad, en ‘n kwalifikasie wat meestal op bestuursvlak benodig word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.