McDonald’s in Randburg beroof

Argieffoto.

Drie gewapende rowers het Maandagaand die McDonald’s-restaurant in Randburg in Gauteng beroof.

“Een van die rowers het ʼn kassier in die kitskosrestaurant by die Beyers Naude N1-afrit, met ʼn vuurwapen aangehou, terwyl sy medepligtiges by die deur wag gehou het,” het kapt. Lydia Mtila-Dikolomela Dinsdag gesê.

Die drie rowers het met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die restaurant gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.