McDonalds sê jammer na blinde uit restaurant gejaag word

Die besturende direkteur van McDonalds Suid-Afrika het om verskoning gevra aan ʼn blinde vrou wat op Kersdag saam met haar gidshond uit een van die groep se restaurante in Pretoria gejaag is.

Greg Solomon sê hy sal seker maak dat Sanet Gouws (33) die ondervinding kry wat sy in die eerste plek moes gehad het. “McDonalds laat gidshonde in sy restaurante toe. Ons is jammer dat dit met die vrou gebeur het. Namens McDonalds wil ek om verskoning vra aan haar.” Gouws het op Kersdag saam met haar gidshond, Grover, en haar ma en suster ʼn melkskommel by ʼn McDonalds in Mayville, noord van Pretoria, bestel. Hulle het glo eenkant in die restaurant gaan sit toe een van die werkers glo na hulle toe gekom het en gesê het dit is teen McDonalds se beleid om honde in die restaurant toe te laat. Hulle is glo aangesê om hulle melkskommels buite te gaan drink hoewel hulle verduidelik het dat dit ʼn gidshond is. Gouws bly in Worcester maar kuier tans by haar familie in Pretoria. Die bestuurder van die betrokke McDonalds wou nie na die voorval kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annatjie Sandrock ·

Ek hoop die verskoning was aan haar persoonlik en nie net ‘n algemene verskoning nie. Ek hoop opleiding aan personeel gaan opgeskerp word om situasies soos hierdie te vermy….

Hannes ·

Opleiding aan die personeel?? Jy kan die goed nie die verskil tussen rond en vierkantig leer nie, al was jy Einstein!
Die betrokke “staf lid” wou natuurlik weer “baas” wees, en het toe gebruik gemaak van die kans om die Afrikaanssprekende lastig te val!
Was dit anders om, dan was die staf lid afgedank, en gedagvaar vir duisende…..maar met die “So-called Rainbownation” sal dit mos neerhalend wees om so iets te doen!
Dit is ook seker apartheid se skuld, dat dit aan Sanet gedoen was?

Die goed is almal “kommin”. Gelukkig ondersteun ek nie SOMMIGE gemors-kos winkels nie, want as so iets met my famillielid moet gebeur, kak daai neutkop daar en dan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.