MDC gaan nie Zim-uitslag aanvaar nie

Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe en leier van die MDC

Zimbabwe se Movement for Democratic Change het Vrydag gesê hy sal nie die uitslag van die verkiesing, wat lyk of dit ‘n wegholsukses vir Robert Mugabe gaan wees, erken nie.

“Ons het besluit om die verkiesing en sy gevolge te verwerp, wat die gevolglike regering insluit,” het Douglas Mwonzora, woordvoerder vir die MDC, ná ‘n vergadering met 13 van die party se senior lede, aan die AFP gesê.

Die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) doen ‘n beroep op alle partye om die uitslag van die verkiesing te “respekteer en aanvaar” in ‘n poging om onrus te verhoed. Die SAOG het die verkiesing as “vry en vreedsaam” beskryf, maar het dit tot dusver nie as “regverdig” verklaar nie.

“Ons het die verklaring deur die SAOG-waarnemers hersien wat ons versoek om die uitslag te aanvaar. Ons verwerp daardie versoek, aangesien selfs die SAOG die verkiesing nog nie as regverdig beskryf het nie. Ons kan nie uitgebuit word nie.”

Volgens Mwonzora sal die nasionale uitvoerende raad Saterdag vergader om te bepaal wat volgende vir die land en die party moet gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.