Mdluli-aansoek slaag

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Aansoek om verlof tot appèl is Maandag deur die hooggeregshof in Pretoria aan Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, toegestaan.

Regter Mabel Jansen het beslis dat daar ‘n moontlikheid vir ‘n ander hofbeslissing kan wees.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is op 23 September aangesê om weer kriminele aanklagte teen Richard Mdluli in te stel. Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër ʼn besluit van die NDOV om kriminele klagtes teen Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook ʼn besluit, om Mdluli weer in sy pos as nasionale kommissaris van polisie en hoof van misdaadintelligensie aan te stel, ter syde gestel. Mdluli gaan nou teen dié uitsprake appelleer.

Die NDOV se besluit volg nadat die regsorganisasie Freedom Under Law ’n aansoek by die hof ingedien het waarin hulle versoek het dat die tersydestelling van aanklagte wat teen hom onttrek is, hersien moes word, nadat hy onlangs op dié aanklagte vrygespreek is. Hulle het ook gevra dat ernstige bewerings van moord, ontvoering, korrupsie, bedrog en magsmisbruik ondersoek moet word.

Lees ook:
Mdluli weer in hof vir appèlaansoek
Nuuskommentaar: Murphy’s law vir Richard Mdluli
“Richard Mdluli moet teregstaan”
Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Hof beslis teen Mdluli
Mdluli hol na arbeidshof
Mdluli vir die tweede keer geskors
President ontken gerugte oor Mdluli-brief
Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum
Mdluli uit sy amp “geskuif”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.