Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdagmiddag ʼn dringende interdik toegestaan wat Richard Mdluli, die voormalige hoof van die polisie, verhoed om enige polisiewerk te doen.

Die regsorganisasie Freedom Under Law het verlede maand ’n aansoek by die hof ingedien waarin hulle onder meer vra dat Mdluli verbied word om enige van sy pligte in die polisie uit te voer. Hulle het ook gevra dat ernstige bewerings van moord, ontvoering, korrupsie, bedrog en magsmisbruik teen hom ondersoek word.

Die burgerregte organisasie AfriForum verwelkom dié uitspraak. Die organisasie bestempel die uitspraak as ʼn oorwinning vir die oppergesag van die reg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.