Medelye ná Eskom-sterftes

Die Ingula-pompstasieskema. Foto: Eskom

Die Ingula-pompstasieskema. Foto: Eskom

President Jacob Zuma het sy meegevoel betuig met die families van die ses mense wat Donderdag dood is toe ʼn steier meegegee het by ʼn Eskom-konstruksieterrein naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.

“Ons rou saam met die families van die werkers wat hul lewens in die tragedie verloor het, terwyl hulle ʼn beter lewe vir hulself en hul families en ook die hele land probeer bou het. Ons deel in hulle verlies en pyn,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, sê sewe mense is ook beseer tydens die voorval by die Ingula-pompstasieskema. Drie van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand terwyl die ander vier reeds uit die hospitaal ontslaan is. Etzinger sê die tonnel waarin die mans gewerk het is nie beskadig nie. Daar is aanvanklik berig dat die tonnel meegegee het. Etzinger sê die mans het op ʼn steier gewerk in een van vier tonnels. Hy sê die steier het meegegee en in die tonnel af gerol. Etzinger sê die oorledenes was kontrakteurs en nie werknemers van Eskom nie. Die Ingula-pompstasieskema sal na verwagting volgende jaar in gebruik geneem word en sal water van die Braamhoek- na die Bedforddam pomp en vir kragopwekking gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Ek neem aan daar was nie blankes onder die oorledenis, anders sou zumie nie dit gese het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.