Media bied groot geld aan vir Oscar-foto’s

Reeva Steenkamp en Oscar Pistorius.

Die polisie het destyds beslag gelê op selfone van verkeie polisiebeamptes nadat dit aan die lig gekom het dat hulle Oscar Pistorius afgeneem het kort nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.

Volgens Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, is 45 beamptes se selfone is gekonfiskeer, het die Star Dinsdag berig.

Die stasiebestuurders van die Boschkop-polisiestasie, waar Pistorius na die voorval op Valentynsdag aangehou is, het ook beslag gelê op vier selfone van polisiebeamptes. Volgens die ministerie sal die beamptes, wie se selfone afgeneem is, dissiplinêr verhoor word. Die foto’s gaan ook as bewyse in Pistorius se moordsaak gebruik word.

Hilton Botha, die voormalige ondersoekbeampte in die saak, het aan die Star gesê verskeie mediahuise het aangebied om beamptes te betaal vir eksklusiewe foto’s van Pistorius ná die skietery. Een internasionale mediahuis het glo R458 000 aangebied vir ʼn foto van die badkamerdeur waardeur Pistorius vir Reeva geskiet het. Volgens Botha is hy en ander beamptes tussen R5 000 en R10 000 deur plaaslike media aangebied vir foto’s van die atleet.

“Ek het direk ná die voorval besluit dat alle foto’s dadelik na die forensiese-eenheid gestuur word. Dit het verseker dat daar geen foto’s in die publiek beskikbaar is nie en dat geen foto’s aan die media uitgelek kon word nie,” het hy aan die koerant gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.