Media steeds buite Madiba se huis

Voormalige president Nelson Mandela

Lede van die media kamp steeds uit buite voormalige president Nelson Mandela se huis in afwagting op nuus oor sy toestand.

Mandela is nou al vir langer as twee weke by die Mediclinic Harthospitaal in Arcadia in Pretoria. Hy is aanvanklik vir ‘n longinfeksie behandel, maar het intussen ook ‘n operasie ondergaan om galstene te verwyder.

Plaaslike en internasionale media kamp nou al reeds vir ‘n paar dae lank uit buite Madiba se huis in Houghton, berig EWN.

Intussen stroom boodskappe van ondersteuning steeds op sosiale media in vir dié ikoniese figuur. President Jacob Zuma het Mandela Saterdag besoek en die boodskappe aan hom oorgedra. “Hy ontvang die beste behandeling en is gemaklik. Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om steeds vir ons geliefde Madiba in dié tyd te bid,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie gesê.

Dit is Mandela se langste besoek aan die hospitaal sedert hy uit gevangenis vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.