Media24, Avusa vir beweerde prysvasstelling ondersoek

Die Mededingingskommissie ondersoek klagtes oor beweerde prysvasstelling en sogenaamde roofdierpryse, teen Media24 en die Avusa-groep, berig RSG.

Dié aankondiging is tydens die gedrukte media-indaba in die Parlement gemaak. ʼn Verteenwoordiger van die kommissie, Hardin Ratshisusu, het verduidelik dat roofdierpryse verwys na wanneer ‘n dominante koerant-maatskappy sy advertensie-ruimte goedkoop maak, met die doel om kleiner gemeenskapskoerante uit die mark te stoot. Hy sê dié koerant sal dan weer sy prys verhoog nadat die kleiner koerant gesneuwel het. Intussen wou Avusa se hoofredakteur, Mondli Makhanya en Media24 se uitvoerende hoof, Esmarie Weideman nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.