Media24-voorsitter in kritieke toestand in hospitaal

Prof. Jakes Gerwel

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media24, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

“Sy toestand het nog nie verbeter nie. Hy is baie siek, maar in uitstekende sorg,” het Heinrich Gerwel, sy seun, gesê. Die gesin sal in ʼn stadium ʼn formele verklaring maak, maar versoek nou privaatheid, het hy gesê. Sy vrou, Phoebe, het Maandag bevestig dat prof. Gerwel ná ʼn hartoperasie Sondag in ʼn kritieke toestand in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal is.

Die gesin moes, ná gerugte op Twitter, dit duidelik stel dat hy nie dood is nie.

Gerwel (66)is die kansellier van Rhodes Universiteit, nie-uitvoerende direkteur van Naspers en Old Mutual, voorsitter van Media24 Beperk en was ook direkteur-generaal in oud-president Nelson Mandela se kantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.