Mediavrou kry groot eer

Terry Volkwyn

Terry Volkwyn, die hoof uitvoerende beampte van Primedia Broadcasting, is Donderdag as die top mediavrou van die dekade aangewys. Volkwyn het dié gesogte titel onder die neuse van Esmare Weideman, hoof uitvoerende beampte van Media24 en voormalige redakteur van Huisgenoot, en Ferial Haffajee, redakteur van City Press, weggeraap.

Sy is tydens die glansgeleentheid, Women of the Decade in Media, by Summer Place in Johannesburg, met dié toekenning vereer.

Volkwyn het in 1986 by Talk Radio 702 se bemarkingsafdeling begin werk en is tans hoof uitvoerende beampte van Primedia Broadcasting. Sy is ook die dryfkrag agter die LeadSA-inisiatief.

Sandra Gordon, organiseerder van die toekenning, sê Volkwyn se bydrae het aansienlike groei vir uitsaaiwese in die land beteken. “Haar maatskaplikeverantwoordelikheid-inisiatiewe het die hele land inspireer om betrokke burgers te word. Die toekenning se doel is om vroue se uitstaande bydrae tot die land se ekonomiese-, maatskaplike- en politieke landskap deur middel van hul rol as mediabedryfsleiers te vier. Al drie finaliste het aan dié vereistes voldoen en dit was moeilik om ʼn wenner aan te wys,” sê Gordon.

Anele Mdoda, ʼn aanbieder op Highveld 94.7, is tydens die geleentheid bekroon met die Women in The Media’s Rising Star-toekenning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.