Nelspruit MediClinic gaan appèl aanteken teen ‘n uitspraak deur die Pretoriase hooggeregshof dat hy skadevergoeding moet betaal aan George Vermeulen (45) wat met malaria in die hospitaal opgeneem is, het die Citizen Saterdag berig.
Vermeulen van Witrivier in Mpumalanga is in Mei 2007 in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy met malaria diagnoseer is ná ‘n reis na Mosambiek. Hy het druksere op sy hakke en lae rug opgedoen. ‘n Septiese wond het op sy lae rug gevorm wat glo só groot was dat ‘n dokter sy vuis daarin kon plaas.
Regter Billy Mothle het MediClinic se verlof om aansoek te doen tot appèl in 2012 toegestaan. Hy het bepaal dat die hospitaal skadevergoeding aan Vermeulen moet betaal weens die nalatigheid van die hospitaal en sy verpleegpersoneel. Vermeulen het sowat R4 miljoen skadevergoeding geëis weens pyn, lyding, gestremdheid en mediese uitgawes.
Mothle sê die saak is van noemenswaardige belang vir MediClinic, aangesien dit die gedrag van sy sake in verskeie ander hospitale beïnvloed met die moontlikheid dat dit tot verdere skadevergoedingseise kan lei.
-SAPA
Oh my gosh. My Husband was injected wrongly He went Lame in one leg. Its somewhat cripple now.
He has been treated with Cancer, Fighting over 15 years then this happens to him.
We tried to take them on but it just went away. We had interacted by email with Hospital advisor. Because we had no money to fight wewere just lost. You have no idea what he is going trough every Day.
He is also in a Riskpool with Spoornet only get’s a % of his pay. Not Complaining God is good
He was also admitted one time and put in a ward with two TB patients. We asked if this is ok what about infection we were told no its ok. My Hubby now has MDR. Just Asking Why we suffer to Pay the highest on our Medical aid even if we don’t have it,for good treatment.
God Bless Regards
Sylvia Jooste
Hubby : [email protected]