Die departement van korrektiewe dienste het aangekondig dat aansoeke om mediese parool vanaf September deur ʼn onafhanklike paneel ondersoek kan word.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, sê die nuwe beleid spruit uit wysigings aan die Wet op Korrektiewe Aangeleenthede. Die paneel wat sal bestaan uit 18 lede sal twyfelagtige aansoeke kan hersien. Dit beteken dat indien enige party nie gelukkig is met die toestaan van mediese parool nie dit vir ondersoek na die paneel verwys kan word. Daar was destyds groot ongelukkigheid oor die toestaan van mediese parool aan die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik.