Medupi, Kusile in 2014 in werking

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Suid-Afrika kan van volgende jaar af elektrisiteit van steenkoolkragstasies soos Medupi in Limpopo en Kusile in Mpumalanga verwag, het Eskom Woensdag gesê.

Die eerste van die ses 794MW-eenhede by Medupi sal teen die tweede helfte van 2014 elektrisiteit begin verskaf, het Eskom in ʼn verklaring gesê. Kusile se eerste eenheid behoort teen Desember 2014 in werking te wees. Kusile het ses 800MW-eenhede.

Die res van die eenhede in altwee kragstasies behoort na verwagting in agt maande-intervalle in 2018 in werking te tree.

Eskom het in Julie gesê Medupi is ses maande agter skedule en sal nie sy sperdatum van Desember 2013 haal nie. Eskom het tegniese probleme hiervoor blameer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.