Medupi nie gereed teen Desember 2013

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Een van Medupi se ses 800MW-eenhede sal nie teen die einde van die jaar kan krag lewer nie, het Eskom Maandag gesê.

“Eskom het bevestig dat dit onwaarskynlik is dat die sperdatum van Desember 2013 gehaal gaan word,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “ʼn Realistiese datum vir die eerste sinchronisasie van Eenheid Ses op die elektrisiteitsnetwerk is die tweede helfte van 2014.”

Eskom het dit aan tegniese probleme toegeskryf.

“Eskom het vroeër aangedui dat kritieke tegniese uitdagings aangespreek moet word voordat Eenheid Ses krag sal kan voorsien. Hierdie tegniese uitdagings hou verband met die sweiswerk aan die stoomketels, en die beheer- en instrumentasiestelsel vir die eenhede. Daar is ook arbeidsuitdagings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.