Medupi-vertraging dalk weens sabotasie

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Volgens Numsa het kontrakteurs wat by Eskom se Medupi-kragaanleg werk, moontlik glo met opset die werk daar saboteer, het EWN Dinsdag berig.

Irvin Jim, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het aan EWN gesê dit is duidelik dat iets verkeerd geloop het by Medupi. “Die grootste probleem wat ons op hande het, is moontlik sabotasie,” het Jim gesê.

Volgens Jim is vertragings goed vir dié maatskappye. “Hoe langer die konstruksie uitgerek word, hoe meer geld sal dié maatskappye uit die projek verdien.”

Medupi moes teen Desember 2013 reeds krag aan die nasionale elektrisiteitsnetwerk verskaf, maar Eskom het Maandag aangekondig dat Medupi eers teen die tweede helfte van 2014 gereed gaan wees. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Medupi nie gereed teen Desember 2013
Werker by Medupi vas oor plofstof
Medupi-werkers staak weer
Betogers staak by kragstasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.