Meer as 1 500 padsterftes

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 1 500 mense het oor die feesseisoen op die land se paaie gesterf, het die SAUK Dinsdag berig.

“Daar was 1 281 noodlottige ongelukke met 1 537 sterftes,” het Thato Mosena, woordvoerder van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) aan die SAUK gesê. “KwaZulu-Natal was die provinsie met die hoogste aantal sterftes, naamlik 307.”

Altesaam 302 mense het in Gauteng omgekom.

Die statistiek strek van 1 Desember 2013 – 12 Januarie 2014.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het verlede Dinsdag ʼn aanvanklike syfer van 1 376 vir die periode 1 Desember tot 7 Januarie bekend gemaak. Gauteng het in daardie stadium 268 padsterftes gehad en KwaZulu-Natal 284.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George Barnard ·

Gee elke maand die sterf syfer en nie net oor die Kerstyd nie , wie bluf julle daar sterf daagliks mense op die paaie maar nou ja nou wil julle net op die feestyd hammer “bolls man”

Eben ·

Dipuo Peters as jou mense net na die Taxi’s kyk, hulle van die pad haal al werk n lig nie sal dit tot drie kwart van die ongelukke wegneem. As jou mense nie ‘betalings’ ontvang sal dit ook beter gaan …. opsomming jou Dept is korrup ruk die eers reg dan kyk ons na die paaie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.