Meer as 100 vas ná “chaos” in JHB

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 100 betogers is Woensdag vir publieke geweld en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem nadat hulle vroeër die oggend Johannesburg se strate ingevaar en paaie versper het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die persone is in hegtenis geneem gedurende ʼn diensleweringsprotes wat buite Randfontein begin het en tot by Westonaria in Soweto beweeg het.

Impalaweg in die rigting na Krugersdorp en die N12 vanaf Potchefstroom is versper met klippe en buitebande wat aan die brand gesteek is, en moes vir verkeer gesluit word.

Makhubela het die toneel as chaoties beskryf nadat die inwoners van die Waterworks-informele nedersetting in ʼn skermutseling met die polisie betrokke geraak het.

Die polisie moes van rubberkoeëls en ʼn waterkanon gebruik maak om die skare uit mekaar te dryf.

Die betogers die polisie en verbygaande voertuie met klippe bestook. ʼn Joernalis is ook beseer nadat ʼn klip hom getref het.

Die persone wat in hegtenis geneem is, moet binnekort in die Westonaria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willy ·

Die ANC is verseker van hierdie meer as honderd hooligans se stem met die volgende verkiesing.

Vas Vat ·

Die ding is so,ONS WIL HE,maar onthou…Ons wil dit gratis en verniet he.As ek iets wil he,dan moet ek daarvoor werk en dit betaal.

Grobbie ·

Niks buitengewoon vir Afrika nie. Dis hoe hulle dinge doen en dit sal NOOIT verander nie.

Hannes De Beer ·

Het die ANC regering nie lankal beheer oor die land verloor nie?

Die gepeupel doen net wat hulle wil, en dit raak by die dag erger.

Jasper ·

Kommentaar vewyder. Slegs feite genoem. geen beledigings of vuil taal. Maroela moet sy kop uit die sand uittrek

Herman Wildeman ·

Ou Jasper…. die “media” is die grootste toepassers van sensuur. Die “media” is ook despoties want hulle hou daarvan om te kritiseer soos hulle wil maar o WEE jou as jy HULLE kritiseer.

Jasper ·

Ek probeer weer. As mens kyk na die volgende punte:

Moord
Roof
Verkragting
Lykskending
Diefstal
Bedrog
Plundering
Voorvadergeeste
Toordery
Onverantwoordelikheid

Onder watter van die volgende kategorië sal mens dit plaas.
1. Beskaafdheid
2. Sosialisme
3. Demokrasie
4. Barbarisme

My vraag is: Met watter een van bg. het ons te doen in die land van ons?

Sonja Hawke ·

Wat kan mens tog se om kommentaar te lewer. Ons land gaan agteruit en hartseer om toetekyk en net te wonder, hoe lank nog!!! Smash and grab of motor diefstal al te prettig hier in Johannesburg. May God take control!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.