Meer as 14 000 onderwysers verlaat die departement

skool 2Meer as 14 000 onderwysers het die departement van basiese onderwys se diens in die 2012/13 finansiële jaar verlaat, het minister Angie Motshekga Donderdag gesê.

“Die redes wat aangevoer is sluit afsterwe, siekte en aftrede in,” het sy in ‘n parlementêre antwoord op ‘n vraag van die Congress of the People (Cope) gesê. Die totale getal was 14 302 vergeleke met 14 988 in 2011/12. Die laagste getal in die afgelope vyf finansiële jare was 11 903 in 2008/09. In die 2012/13 boekjaar het 6 272 gekwalifiseerde onderwysers bedank, 1 859 is oorlede en 394 het die diens verlaat weens siekte. Altesaam 5 417 het afgetree en 360 is afgedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Die agteruitgang en gemors in die onderwys kry net al meer momentum – die totale ineenstorting is waarskynlik nie vêr en verder blyk dit nie asof die ANC-regering te bekommerd daaroor is nie.

Strawberry ·

Ek sou ook nie langer in die onderwys wou bly nie. En as dit gaan soos dit gaan nie. Die onderwysers se lewens is in gevaar, daar gaan nie veel van ons skole oorbly nie. Gelukkig gaan my kind tuisskool en ons is baie gelukkig, ek en my man hoef nie te stres oor onderwysers wat my kind kan verkrag of so iets nie of oor boelies wat my kind kan boelie nie. Sy is veilig en in ons sorg. Basta wat ander te se het daaroor.

Amelia ·

Dis omdat die ‘kinders met die regte’, mos nou die skole ‘regeer’. Ek blameer nie een van die onnies wat bedank het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.