Meer as 20 000 staan tou om Madiba te groet

Roubeklaers by die Uniegebou. Foto: GCIS

Roubeklaers by die Uniegebou. Foto: GCIS

Meer as 20 000 mense het teen Donderdagmiddag tou gestaan om wyle oud-pres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, waar hy in staatsie lê, te besigtig.

“Al drie parkeer-en-ry-gebiede is in werking, sover is daar al meer as 20 000 mense wat opgedaag het,” het Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van Tshwane-metro, Donderdagmiddag omstreeks 12:00 gesê. “Ons probeer so veel as moontlik mense na en van die Uniegebou vervoer.” Hy het gesê die hoeveelheid mense by die parkeer-en-ry-gebiede neem aansienlik toe, maar dat hulle nog nie ʼn afsnytyd bepaal het nie.

Lees ook:
Foto’s: Duisende daag op om Madiba in staatsie te sien lê
Duisende staan tou om Madiba te sien
Foto’s: Madiba lê in staatsie
Madiba-konvooi: Motoriste gefrustreerd met padsluitings
Foto’s: Mandela se konvooi na die Uniegebou
Só ry Madiba se daaglikse stoet deur PTA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.