Meer as 200 vlugtelinge van die Suid-Soedanese dorp Malakal wat wou vlug, het in die Wit Nyl verdrink toe die boot waarop hulle was, omgeslaan het.
Malakal is aan die oewer van die rivier geleë en is sowat 600 kilometer noord van die hoofstad Juba.
Die BBC berig dat die vlugtelinge aan die geweld in die streek wou ontkom deur na die ylbevolke gebied oorkant die rivier te vlug.
Die land het onlangs in ‘n bitter burgeroorlog tussen strydende stamme ontbrand, en het gou duisende lewens geëis en miljoene mense ontwortel.
Die VN meen die dodetal in die geweldpleging, wat op 15 Desember begin het, is in die orde van 10 000.