Meer as 22 voetgangers vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 22 voetgangers is Sondag in en rondom Gauteng in hegtenis geneem omdat hulle op die provinsie se snelweë gestap het.

“As die verkeerspolisie in Gauteng het ons besluit om ons voetganger-operasie op te skerp en ons het minstens 22 mense op Gauteng se snelweë in hegtenis geneem,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die verkeerspolisie in Gauteng, gesê. “Ons is moeg daarvoor om liggame op ons paaie op te tel, en daar is nog mense wat ons in hegtenis moet neem.”

Sy doen ʼn beroep op motoriste om versigtig te bestuur en geduld te beoefen terwyl talle mense steeds van hul vakansiebestemmings af terugkeer na die provinsie. “Kom veilig by die huis aan, en weet dat spoed dood maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Hulle moet dit meer doen, daar loop veels te veels mense langs/op die snelweë rond, OF hardloop oor die snelweg! Dit gebeur nie net in vakansie tye nie, en dit is gevaarlik vir die mense wat karre bestuur asook die voetganger self!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.