Meer as 3 miljoen besoekers in SA

Argieffoto

Argieffoto

Meer mense het vanjaar Suid-Afrika se grense oorgesteek as verlede jaar, het die departement van binnelandse sake Donderdag gesê.

“Meer as 3 miljoen reisigers se dokumente is sedert die begin van die maand by toegangspunte geprosesseer,” het Ronnie Mamoepe, woordvoerder van die departement, gesê.

“Volgens die bewegingsbeheerstelsel by die departement is 3 262 520 reisigers van 1 tot 25 Desember by toegangspunte gedokumenteer,” het Mamoepe gesê. “Dit is ʼn toename van 8.32% in vergelyking met die statistiek van 2012.”

Die besigste toegangspunt is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gevolg deur Beitbrug-grenspos in Limpopo.

Die departement werk nou saam met doeane, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die departement van gesondheid en die departement van landbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Daar kom baie meer onwettig oor die land se grense as wat daar wettig deurkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.