Meer as 3 miljoen werkdae tydens 2012-stakings verloor

Foto: Taurai Maduna/EWN

Foto: Taurai Maduna/EWN

Die departement van arbeid sê die aantal stakings in 2012 was die meeste in die afgelope vyf jaar.

Nkosinathi Mhleko, direkteur-generaal van arbeid, het aan joernaliste in Kaapstad gesê daar was ʼn totaal van 99 stakings in 2012 waarvan nagenoeg die helfte onwettige stakings was wat deur geweld gekenmerk is. Mhleko het die departement se verslag oor nywerheids­optrede in 2012 bekend gemaak. Hy sê 241 391 werkers was by die 99 stakings betrokke. Volgens Mhleko het dit daartoe gelei dat werkers R6,6 miljard in lone verloor het. Mhleko sê 3,3 miljoen werkdae het as gevolg van die stakings verlore gegaan. Hy sê meeste van die werkdae het in die mynboubedryf verlore gegaan. In 2011 was daar 67 stakings in vergelyking met die 74 in 2010, 51 in 2009 en 57 in 2008. Mhleko sê bonusse en vergoedingskwessies is steeds die hoofredes vir stakingsoptrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

IDA ·

DANKIE VIR AL JULLE GOEIE ARTIKELS/BERIGTE WAT ONS OP DATUM HOU VAN NUUSGEBEURE. EK WIL EGTER NET WEET OF DIE ‘3 MILJOEN’ WERKSDAE NET VIR 2012 IS AANGESIEN DAAR NET 365 DAE IN ‘N JAAR IS, OF VERSTAAN EK DIE BERIG VERKEERD?
GROETE

Jasper ·

Die syfer styg elke jaar. Mooi so baie geluk. Binnekort sit al “the piepol” en wokass sonder werk en kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.