Meer as 40% Amerikaanse babas se ma’s is ongetroud

swangerAltesaam 40,7 % van alle babas wat in 2013 in die VSA gebore is, se moeders is ongetroud, luidens syfers wat pas deur die Amerikaanse owerhede bekend gemaak is.

Dit is die vyfde jaar in ‘n ry dat meer as 40 % van die babas buite die eg gebore is. In 1980 is net 18,4 % van alle Amerikaanse babas buite die eg gebore.

Die syfers dui ook aan hoe die Amerikaanse geboortekoers skerp afneem. In 2012 was die geboortekoers 63 babas per 1 000 vroue tussen 15 en 44 jaar oud. Die geboortekoers het sedert 1960 met 46 % afgeneem toe die koers 118 babas per 1 000 vroue tussen 15 en 44 jaar oud was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek sou nogal baie graag die Suid-Afrikaanse statistieke wou hoor …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.