Gemiddeld meer as 200 aborsies word daagliks in Suid-Afrika uitgevoer.
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Vrydag in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag in die parlement gesê altesaam 82 920 aborsies is landswyd tussen April 2012 en April 2013 uitgevoer.
Meer as ʼn kwart van die aborsies (21 794) het in Gauteng plaasgevind. Die Oos-Kaap is tweede met 14 357 aborsies.
Motsoaledi se statistiek verwys na aborsies wat in staatshospitale en –klinieke plaasvind.
Cheryllyn Dudley, ACDP-LP, het die vraag aan Motsoaledi gestel. Die African Christian Democratic Party (ACDP) is gekant teen aborsies.
82,900 Moorde per jaar en ons verwag dat ons land met voorspoed gesëen moet word ?
Ai, dis baie erg.