Meer as 1 miljoen registreer oor die naweek – OVK

Argieffoto

Argieffoto

Meer as een miljoen mense het oor die naweek geregistreer om te stem, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Sondag gesê.

“Na beraming het ongeveer 1.2 miljoen mense Saterdag regoor die land registreer,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, gesê.

Sy sê bykans die helfte van die mense wat Saterdag geregistreer het om te stem is nuwe kiesers tussen 18 en 29 jaar oud.

Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat die vyfde nasionale algemene verkiesing op 7 Mei sal plaasvind. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.