Meer as 1 renoster per dag in 2013 gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Meer as 30 renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 32 renosters is reeds vanjaar gestroop. Hy sê 18 van die renosters is in die Krugerwildtuin gestroop, ses in Noordwes en vyf in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo en een renoster in Mpumalanga. Modise sê 13 mense is reeds vanjaar in hegtenis geneem weens renosterstropery. “Ses van die arrestasies was in die Krugerwildtuin.”

Altesaam 668 renosters is verlede jaar in Suid-Afrika gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.