Meer as 100 000 stem in een dag vir Pretoria-naam

pretoria naambordSkaars ʼn dag nadat AfriForum ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om ʼn SMS te stuur as hulle wil hê Pretoria se naam moet Pretoria bly, het die organisasie meer as 100 000 SMSe ontvang ter ondersteuning van dié naam.

AfriForum het Maandag ʼn radioveldtog van stapel gestuur wat mense versoek het om die woord “Pretoria” na 31481 te stuur om hul steun vir Pretoria se naam te wys.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het Dinsdag aan Maroela Media gesê verskeie bekendes, soos onder andere Bobbie van Jaarsveld en Steve Hofmeyr het dié versoek Dinsdag op sosiale media versprei “en toe ontplof die bom”.

Kriel het gesê hulle ontvang tussen vier en 10 SMSe per sekonde van mense wat Pretoria se naam ondersteun. “Toe ons vanaand [Dinsdag] om 20:00 na die statistiek gekyk het, het ons presies 104 470 stemme gehad,” het Kriel gesê.

Kriel sê hy is stomgeslaan deur die reaksie. “Van hier gaan ons dit na ʼn volgende vlak neem deur ondersteuners te mobiliseer om op 12 Oktober die laaste publiekedeelnamevergadering by te woon, wat die laaste geleentheid is waar ons ʼn standpunt kan inneem om Pretoria se naam Pretoria te hou. Met die vorige publieke vergaderings was die steun vir Pretoria se naam ook oorweldigend, maar die Tshwane-metro wou dit nie erken nie en daarom word nog ʼn publiekedeelnamevergadering gehou,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is die uitkoms van die vergadering op 12 Oktober van uiterste belang en gaan die metro ʼn verslag oor die uitkoms van dié vergadering aan die minister van kuns en kultuur stuur, voor daar finaal oor Pretoria se naam besluit word. “Ons gaan egter ook ons eie verslag saamstel en aan die minister stuur. Dié verslag sal die inligting bevat van al die SMSe wat ons ontvang het, asook die inligting van mense wat op die webwerf deelgeneem het om te wys die meerderheid steun is vir Pretoria en nié vir Tshwane nie.”

AfriForum het vanmiddag op hul Facebook-blad geskryf: “Help AfriForum om te ‘trend’ op Twitter. Volg Afriforum op Twitter, tweet #redpretoria . Ons het jou hulp nodig.”

Besoek www.afriforum.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

H J Bester ·

Dit is nie deel van die blankes se kultuur en val ook buite sy waardesisteme maar moet massa-optogte dalk oorweeg word om die Owerhede van die vasbeslotenheid van die teenstanders van die Pretoria-naamsverandering te oortuig. Dit het dalk ‘n meer oorredende waarde as om ‘n mooi geformuleerde versoekskrif te stuur. ‘n Optog deur die massas het baie groter sigwaarde en sal ook baie publisiteit, selfs vêr buite die landsgrense, geniet. Dit is dalk die enigste “taal” wat die Owerhede gaan verstaan en kan dalk ook in die toekoms met groot vrug aangewend word.

Vir Wat ·

Hou Jou Bek ja raak soos die boy, daal na sy vlak en word gehoor. Pragtig, doen dit ook in die vervolg met alles waarmee die Blanke nie saamstem nie.
Mooi man

Vivienne Schultz ·

Ja so staan ons mekaar by ne? Hoekom wil julle nie die Red October dag en petisie ook teken en bystaan nie? Dis vir die blanke volk wat ons dit doen. Teken net die petisie op Red October, facebook, dit gaan niks van julle af vat nie! Ons het almal soos een bymekaar gestaan om die 100,000 handtekeninge vir julle te kry. Doen nou dieselfde en staan by julle mense!

Bronwyn Pieterse ·

Ek dink nie daar is enige iets fout daarmee dat mense vreedsame optogte hou as hulle `n standpunt wil oordra nie.
Sodra geweld, plundery, beskadiging van eiendom en die verwoesting van die ekonomie as `n optog of staking beskou word stem ek saam dat dit verkeerd is.
Solank mense stilbly en terug staan sal niks verander nie. Maar dit beteken nie dat ons onse erfenis moet vergeet of afstaan nie. Daarvoor moet ons stem dikmaak en veg. Julle moet onthou dat ons dit op `n vreedsame en morele manier moet doen, anders is al ons moeite vir niks.

Flipper ·

Te lekker! Vir bykans 20 jaar het ons lekker gery (en doen steeds) op die “volk” (soos my Oupa hul genoem het) wat staak en Toi-Toi oor ‘n saak en dan wen, suiwer omdat hulle massas groter is en ons dan ook meer gereeld as soms voordeel trek.
Maar, daar is sekere goed soos hierdie aksie wat ons self moet doen. Wonderlike werk Afriforum en ander, byt vas ons SAL wen!
Toe wonder ek – op watter manier kan mens ook die “volk” in aangeleenthede soos hierdie bereik want BAIE van hulle stem ooknie saam met die naamsverandering nie?
Mooi Loop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.