Meer as 100 renosters reeds gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Meer as 100 renosters is reeds sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 102 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Hy sê die Krugerwildtuin is die ergste hierdeur getref met vier renosters wat die afgelope week in die wildtuin doodgemaak is. Modise sê 70 renosters is sedert die begin van die jaar in die wildtuin vir hul horings doodgemaak. “In die afgelope 48 uur is vyf beweerde renosterstropers in Limpopo in hegtenis geneem terwyl een in die wildtuin in hegtenis geneem is. Dit beteken dat 40 vermeende stropers reeds sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem is.” Modise sê daar is reeds 11 renosters in Noordwes gestroop, 10 in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo en vier in Mpumalanga. In 2012 is meer as 630 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

So so hartseer! Hulle gaan al hierdie diere uitmoor tot daar niks oor is nie, en dan wat? Gaan hulle dan beweeg na die volgende onskuldige spesie?? Hierdie land is useless!! :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.